Hierdie is nie net damesparfuum nie - dis ‘n storie in ‘n bottel. Vir ons is geur nie ‘n stokperdjie of ‘n passie nie, dit is ‘n obsessie. Soos Afrikaans, leef dit in ons are.

Elke geur in hierdie versameling is met trots geskep vir vroue wat hul taal, hul styl en hul uniekheid vier. Ons praat Afrikaans, droom in Afrikaans, lag in Afrikaans - en nou kan ons ook lekker ruik in Afrikaans.